Thursday, November 12, 2009

Weer Malawi

Na omtrent 300 km van onwettig deur mosambiek ry kry ons uiteidelik die customs plek wat ons papiere moet teken, mens sou sweer ons is die eerste toeriste wat daar verby kom aangesien die officials heeltemal clueless was. Dit neem ons toe nog n goeie ruk om vir hulle te oorreed dat ons high-lift jack agter op die kar nie n vermomde AK47 is nie!!!Daarna moes ons hom nog verduidelik waar om wat op ons kar papiere in te vul??
Noord mozam en suid mozam verskil soos dag en nag, omtrent niemand verstaan n woord engels nie en als behalwe diesel is bitter duur, maar man dis darem mooi! Ver noord is daar geen form van toerisme nie en vir n paar dae slaap ons maar agter kerkies en by vriendelike locals tot dat ons besluit om na Pemba toe te skyf. By Pemba bly ons by Russel’s place en ontmoet die mees interesantste karakters waarmee ons die volgrnde 5 dae spandeer. Ek raak natuurlik uit my vel exited toe ons sien met waste vis die locals in die dorp rond loop, en somme dadelik probeer ons vir ons n local fishing trip reel. 5 dae lank sukkel ons om op n boot te kom voordat ons die handoek ingooi, die komunikasie gaping was net te huge en elke dag was daar nuwe misverstande.
Ons besluit toe om weer noord toe te gaan na Ibo eiland wat bekend is sy vir old school swahili jewellery makers. Dis net eenvoudig crazy wat die mense kan regkry met nog dieselfde tradisionele metodes as back in the days! Hulle gebruik nog parafien branders en lang pypies waardeur hulle blaas om die silwer te smelt en soldeer. Ons het sommer amper n jewellery en visvang winkel op die eiland begin. Die eiland is so afgesonder die mense wys nog tyd aan met verwysing na die son en ons het ook op die harde manier uitgevind dat almal in noord mosambiek laagwater op die strand poef? Jip, daar is geen toilette nie, almal poef eenvoudig op die strand? Op die eiland het ons n goeie vriend gemaak op wie se boot ons geslaap het op die water om te skuil van die bedompigheid van ons vorige kamertjie, lekkerste wat ons in n lang tyd geslaap het.
Ons volgende stop was Ilha de Mocambique, n klein eiland wat destyds voor Maputo die hoofstad van mozam was. Die eiland is propvol kultuur en geskiedenis met die amazingste museums en standbeelde en ou vervalle geboue. Hier het ons bitter baie geleer van Mosambiek se geskiedenis, veral van die portugese en ook die locals se gesukkel vir onafhanklikheid.
Ons belsuit toe sommer om Malawi toe te gaan vir die lake of stars music festival wat die 15 de oktober sou begin. PARTY!!
Ons ry twee dae aan een reguit van Ilha de Mocambique na Mangochi in Malawi deur die mees ongelooflikste graniet bergreekse in sentraal mosambiek. Ons slaap n aand oor by n paar locals en toe ons ons oe uitvee toe staan ons weer op die grens van Malawi.
Back in the warm heart of Africa!!!
Liefde en vrede
Stinkie en stupid

Posted by Picasa

Posted by Picasa

lake of stars

mmmmm! gedroogte veldmuis

mout mulanje

yellow berries
Posted by Picasa

Noord Mosambiek

Robin hood

Posted by Picasa

Posted by Picasa

oldcshool draaibank

Posted by Picasa

Posted by Picasa

Friday, October 2, 2009

Oos Tanzanie

Oor die gresn, weer Tanzanie in. Die omgewing lyk ook sommer weer anders… meer wild, met digter plantegroei… acasias & boabab bome wat trots bo alles anders uitstaan. Opgewonde om die kus van tanzanie te verken.
Ons gaan slaan kamp op by Peponi Beach, Suid van Tanga, net bo Pangani. Die plekkie is pragtig, met bogenvillas wat die terrain versier en tarrentale (n ander soort as wat ons bydie huis kry) wat mak rondhardloop. Laagwater gaan stap ons tussen die mangroves rond en word voorgestel aan n spesie wat ons nog nooit van te vore gesien het nie, die oulikste akkedis-padda-vis gediertetjies wat in die poelle tussen die mangroves bo-op die water rond spring. Ons is honger vir n stukkie see waar ons kan gaan visvang, en toe ons agterkom Peponi gaan nie vir ons n fishing geleentheid bied, val ons in die pad opsoek na groener weivelde. Ons gaan slaap vir n aand oor by Bagamoya, die kamplek self is nie iets om oor huistoe te skryf, maar die dorpie is al te pragtig, met n paar nou straatjies soos by “old town, Mombassa” waar slegs n driewiel Tuk-tuk kan deurry en dan ook n klomp geverfde kunswerke langs die pad uitgestal om toeriste se aandag te trek. Vandaar af is ons Sunrise Beach toe (net buite Dar Es Salaam), waar ons vertel is om te gaan kamp & vir Blue te los as ons op die ferry klim Zanzibar toe. Die vraag is… gaan ons Zanzibar toe? Dit kos vir Muzungus 30$ om met die ferrie oor te gaan, akkomodasie daar is glo vrek duur, nie eens gepraat van die toerisme aktiwiteitte nie! Zazibar sal n uitsondering tot ons streng “budget Saffari” moet wees as ons besluit om te gaan! Ons oorweeg die Pro’s & Cons en na drie dae se “harde” dink werk, besluit ons daarteen.

Intussen het ons twee cool brothers van Malawi ontmoed, Windstone Churchill & Blackseed, wat ons aanmoedig om “The Lake Of Stars” Music Festival in Malawi by te woon, die naweek van die 15de tot die 18de Oktober… Ons kan dit net dalk maak gebeur as ons mooi beplan. N middeljarige, klein geboude mannetjie kom knoop geselsies met my&Bernie aan. Ons wil eintlik gladnie met hom chat nie, want ons is haastig om uiteindelik weer in die pad te val, vet weet waantoe, en sy asem stink vreeslik! Ten spyte van ons pogings om te “ontsnap” hou hy aan gesels en wie sou kon raai dat sy klein stink asem toe goue informasie dra, wat ons tot ons volgende destinasie lei… Mafia Eilande!

Ons ry Nyamisati toe waar ons op n ferrie kan klim Mafia Eilande toe. Daar aangekom vind ons uit die Ferrie vertrek elke dag om 2 die middag. Na n gesukkel vind ons n Christian Mission waar ons oor slaap vir die aand, en meer belangrik, vir Blue los terwyl ons island hop. Bernie is ekstaties opgewonde oor die tafel vol gestoomde prons, en koop vir hom n sak vol vir aandete teen R6 n kilogram! Saam met ons op die Ferrie is 4 ander toeriste wat ons oor die volgende paar dae goed bevriend. Anthony(Aussie) & Abby(Kenian) ( A.k.a: BFG “big friendly Giant” en LBG “little black girl” ) is ook pas getroud en op hul honeymoon & Max en Harry, twee Britse studente op vakansie! Ons spandeer meeste van die tyd op die eiland saam soos ou boesem vriende. Die dorpie is mooi, met bree wit grond paaie, n vismark daar en groente mark hier. Daar is n populere Bar met n TV, waar ons elke aand n bier gaan drink en soms saam met die locals n stukkie sokker kyk. Sodra die son sak, word die strate gevul met die reuk van warm kos en soet tee, wat die einde van Ramadan aankondig. Ons slaap in n spotgoedkoop gastehuisie in die dorp, die bedbugs eet ons lewendig op, maar dis lekker naby aan alles & loop afstand van die strand. Ek&Bernie reel vir ons klompie n snorkel saam met n vriendelike bakbeen kaptein. Hy vra ons nie veel om met sy boot na die snorkel rif te seil, maar dit kos 20$ pp om in die park area in te gaan. Ons hou ons oe toe en betaal wat gebetaal moet word! Die snorkel is fantasies, die see is vol lewe, kleure en teksture. Bernie bind n klein hoekkie aan n stukkie lyn, breek n oester oop vir aas en vang sommer so terwyl hy snorkel n vissie ook. Dis die 15de September, Trixie se verjaarsdag, n goeie rede om te partytjie! Na die Snorkel is ons reguit Bar toe om Trixie se verjaarsdag te vier! Happy Birthday Trixie’tjie***

Iza (n local vriend wat so ietwat engels kan verstaan & praat) reel vir ons n vissersman saamet wie ons die nag kan uitgaan. Vol hoop en n sak vol buns, tamaties & uie durf ons die see waters aan op n klein bootjie met geen lifejackets aan boord en 2 mans met wie ons skaars drie woorde kan wissel. Ons het om 5uur die middag vertrek. Elke keer wat die bootjie n golf tref word ons papsop nat gespat. Die vissermanne gee vir ons n plastiek sak om onder te skuil. Dit ruik effe na vis, maar dis beter as heeltemal nat en koud. Daar onder die plastiek bou ek vir ons n broodjie terwyl ons kyk hoe die son agter die see verdwyn. Teen die tyd wat ons stilhou is dit reeds donker. Die kaptein maak drie gas lanterns aan die brand en oorhandig aan ons albei n stuk houd met vislyn daarom gedraai en tjokka vir aas. Ons laat nie op ons wag en sit dadelik n stukkie tjokka aan die hoek en laat sak die asie n paar meter die diep donker see in. Ek is gefasineerd met die klomp klein vissies wat deur die lig aangelok word, veral deur dies met vlerke wat bo-op die water vlieg soos nimfs. Bernie vang n paar klein vissies, en ek vang wraggies niks! Ons vind dit vreemd dat die twee vissermanne nie lyk asof hulle veel geinteriseerd is in visvang nie! Hulle albei snork terwyl ek&Bernie hard werk vir n vis! Later begin die koud&moeg aan ons byt, ons krul langs mekaar op onder die laken wat ek uit ons hotelkamer gesteel/leen het. Nie lank daarna word ons wakker geskud met handgebare wat verduidelik ons moet ons lywe skyf. Daar is n groter boot wat besig is om n net rondom ons bootjie te span, ons bootjie gee pad, terwyl die klomp mans op die groot boot die net inbring… ek praat van duisende klein vissies! Die twee bote werk saam en skep die vis in ons boot uit. Alles maak skielik sin! Dit verduidelik waarom ons twee vissermanne nie werklik vis gevang het nie. Hulle werk is om die klein vissies te lok met die drie lanterns, terwyl die groter boot die vissies kom harvest met hul nette. Met heelwat minder plek op die boot nou, sit/slaap ons vir nog n paar uur op die water, die hele proses herhaal homself vir n tweede keer. Een van die mans op die groot boot hou aan roep “Madam, big fish” Ek soek in die water rond vir die sogenaamde groot vis, maar sien niks. Tot ek agterkom, dat wat ek oorspronklik gedink het is die net onder die water is n mamoeeerse WhaleShark in al sy glorie!! O MY GOODNESS, ons bootjie het skielik 10 keer kleiner gevoel teen die grote van die dier! Die water het ook n tipe fosfor of plankton gehad wat ophelder met elke beweging! Dis mos die materiaal waarvan visserman stories gemaak is!! Na n baie opwindende aand, beweeg ons stadig terug huistoe, die son steek alreeds sy kop uit om die nuwe dag aan te breek. In die vlakwater kom vrouens met bond emmers aangestap en skep vir hul vis soveel as wat hul kan dra! Wat n wonderlike ondervinding! Ons gaan werk n Engelse ontbyt in by die restaurant oorkant die bar, maar is amper te moeg om dit te geniet! Daarna reguit bed toe!

Ons tyd op die eiland het tot n einde gekom, verseker die coolste eiland waar ek al was! Ons volgende bestemming is Kilwa Masoko. Ek klim agter die stuur in, want die pad is in n goeie kondisie en ek het lanklaas bestuur! Nie lank daarna verander die lekker teerpad in n uiterse slegte grondpad weens padwerke. Ek ry voort en dog nog ek handle die pad goed, maar ons almal weet wat het met dog gebeur! Ek voel die stuurwiel werk skielik nie lekker saam, Bernie gaan inspekteur die kar van onder… die stearing arm het mors af gebreek (dieselfde probleem as wat ons by Sesse in Uganda ervaar het). Ons ry stadig tot by Ngurukuru, waar ons by n Fungi (Mechanic) aanklop. Ons praat n gebroke engels/Swahili met mekaar en dit wil voorkom asof hy die part weer kan vas sweis. Als verloop goed tot hul n ronde gat in die part probeer sweis het in plaas van drill, net omdat hulle nie n drill het nie. Dit lyk vreeslik, ons skel in allerhande vreemde tale tot die ou in die eerste taxie spring Kilwa toe om daar n drill te leen en die gemors wat hy aangevang het te fix. Gestrand by Ngurukuru, gaan eet ons n slap tjips en samoesa ontbyt en lees die tyd verby… 3 ure later is ons “mechanic” terug. Hierdie keer lyk ons part stukke beter. Hy sit dit terug waar dit hoort op die kar en uiteindelik kan ons weer in die pad val…. Met Bernard agter die stuur!

Kilwa Masoko het die mooiste baai, blou see, wit strand en groot Boabob bome wat hul kop hier&daar uitsteek. Ons gaan kamp by Seaview Beach, waar ons so half n gevoel kry van in die bos kamp met n view oor die see. Ons loop strand langs en gaan kyk waste vis die manne vang, die visvang lyk goed en ons reel vir ons n local met wie ons kan uitgaan die volgende oggend. Eers vra hy 300$ om saam met hom uit te gaan, ons lag lekker en se ons sal vir hom 10$ gee, dis n deal & n date! Die bootjie is klein, en laat geen vinnige bewegings toe anders skep dit water. Bernie vang twee sport visse wat lyk soos tuna, ons dink dis “Torpido Scads”, ek vang boggerol! Die volgende dag loop ons gedurende laagwater strandlangs so-te-se tot en met waar ons gister met die bootjie gery het. Ons gaan staan op n rots halflyf in die water en probeer als wat ons het, lepels, plugs, dropshot. WAM, Bernie is vas, en toe los. Nie lank daarna is hy weer vas, en bring nog een van daai klein tunas in. Dis nie die laaste van die dag se aksie… Bernie se rachet skree weer en watokal aan die ander kant van sy lyn is, dis huge! Sy 10vt stok kan skaars die vis inbring! Hy speel omtrent vir 20min die vis moeg voor ons die silwer glans voor ons in die water gewaar. Ons staan halflyf in die water, so daars geen manier wat ons die vis kan “land” nie. Toe die vis naby genoeg is, lig Bernie hom uit die water, gryp hom aan die stert, en vat die hase pad land toe vir n wenner foto. Die kamara se battery is pap!!! Van die 10 fotos wat ek probeer neem het, het net 2 uitgekom! Ons is dankbaar vir die 2 fotos wat ons wel het. Ons bespiegel vir n oomblik of ons die vis gaan hou of nie? Op die ou einde gee ons haar haar terug aan die see, met die hoop dat moeder Natuur weer so gaaf sal wees om ons weer so n mooi grote te laat vang! Ons gaan huis toe en beplan ons eerste home made Sushi aand! Ons gaan all out… make-up, dress-up, wasabi, soya, die lot! F.U.N.
Die volgende twee dae probeer ons weer die monster vis jag, maar ons poging is tevergeefs. Ons tyd hier het ook tot n einde gekom.

By Lindi aangekom gaan vind ons eerste ding meer uit oor die Ferrie crossing oor die Ruvuma rivier en of die brug klaar & in werkende orde is? Die Ferrie is beslis nie vir ons n opsie nie, heeltemal te dodgy en dis nie asof ons kar versekerd is nie! Ons besluit om self brug toe te ry om te gaan kyk wat gaan vir wat. Die aand slaap ons in n klein skruffie gastehuisie, Seker daarvan die plek is n part time hoerhuis, want in plaas van n chocolatetjie op my kussing het ek twee kondome gekry! Ek hoop net die bedbugs bly weg van my, want ek krap nogsteeds aan al die ander byte wat ek by Mafia opgetel het!
Vir enige iemand wat oorweeg om die met die brug oor te steek, die brug is nie klaar nie, maar daar is n alternatiewe grondpaadjie wat onderdeur loop en dis n mission om die officials te vind wat mens wettig in/uit die land moet teken! Ons slaap vir ons laaste aand in Tanzanie by n local village oor. Dis altyd n great kulturiele ervaring om in n village oor te slaap, maar vrek uitputtend om honderde oe te vermaak met jou elke beweging. Tshirt idee: “Muzungus likes to travel” and “Black people likes to stare”! Bernie se hy lei aan n nuwe fobie: “Black-kid phobia”: The fear that somewhere & somehow a bunch of black kids are staring at him”.

Ons is veilig in Mozam, Nader al nader aan die huis *

Emmers vol vis & liefde***

Hilda & Berns

Dis mos n vis!
Posted by Picasa

sushi party
Posted by Picasa

Posted by Picasa

prawns

chipatie tanie

mafia maatjies
Posted by Picasa