Friday, May 29, 2009

MALAWI

Eks nou bitter hartseer, ons tyd in Malawi het gekom en gegaan en al wat ek kan se is WOW!!! Ons toer deur hierdie amazing land het begin by die grenspos by Chipata en nie eens 10 kilometer in Malawi is ons afgetrek by n roadblock en die kar is omtrent deur al die toetse gesit. Daar kry ons toe ons eerste boete omdat ons net een en nie twee “reflective” driehoeke het nie. Toe ons vir die poliesie man onverskoning vra en beloof om een so gou as moontlik aan te skaf toe se hy net okay en laat ons sommer gaan. Dit was net die begin van die vriendelikheid van die mense en geen wonder Malawi word beskryf as “the warm heart of Africa”.
Nadat ons n driehoek en n biekie vooraad opgetel het in Lilongwe is ons reguit na die meer in die rigting van Cape Mclear. David Livingstone het die spyker op die kop geslaan toe hy die meer “the lake of stars” genoem het toe hy dit die eerste keer gewaar soos wat die son weerkaats op al die riffels op die water. Cape Mclear is op die punt van n peninsula en daar is n paar groot eilande sowat n kilometer van die strand. “Otters point” is glo die wereld se enigste varswater bewarings gebied, en die meer spog met sowat 500 vis spesies wat nerens anders in die wereld voorkom. Guh!
Ek en Hilda het met n local “mokoro” tot by een van die eilande geroei en biekie gaan snorkel tussen al die vissies. Mens kan omtrent nie glo dis varswater nie want die vissies is so kleurvol en die water is skooner as die see. Die snorkelling by otters point was eenvoudig asemrowend met masiewe rotsvormasies en belaglik baie kleurvolle vissies. Ons het goeie vriende gemaak daar en 6 aande spandeer by Fat Monkeys en toe begin noord beweeg teen die meer.
Oppad na Salima het ons gestop by die Mua mission wat bekend is vir hulle woodcarvings. Daar het ons die mees ongelooflikke houtwerke gesien, ons was so geinspireer dat ons vir ons hout langs die pad gekoop het en sommmer ons eie projekte begin het. Die volgende paar dae in Senga bay het ek houtwerk gedoen en Hilda het haar broodbakery verder op die proef gestel. Daar het ons ook n local kunstenaar gekry om op ons kar te verf. Die een kant se “afrika honey moon” met n paar prentjies en die ander kant se “ the adventures of stinkie & stupid”. Wie is stinkie en wie is stupid? Dit verander maar op n daaglikse basis…
Ons volgende stop was Kande beach wat baie gewild is onder die overlanders. Daar het ons n hond uit n bos uit gekuier, lekkker op die strand gespeel en Hilda het werklik die piesangbrood bak bemeester.Wie sou kon dink dat n viool en n jembe drom sou kon saam werk? Jip, ons het lekker musiek gemaak!
Ons twee vriende van Cape Mclear was oppad na die twee eilande op die meer en nadat ons by n paar travellers gehoor het hoe amazing dit is het ons besluit om hulle te join. Die Ilaha ferrie vertrek elke maandag aand vanaf Nkatha bay en ons moes toe 6 dae wag vir die Ilaha om weer verby te kom. Dit was glad nie n straf nie want Nkatha bay was die coolste plek langs die meer. Daar het die eienaar van Mayoka Village vir ons n lekker honeymoon special gegee en vir ons in n chalet gesit met n pragtige uitsig vir n appel en n ui. In Nkatha het ons sommer lekker local geword en local kos geeet en local musiek geluister. Hier het ek ook begin spearfish in die meer en ek was omtrent die local hero met al die vis wat ek weg gegee het. Hilda het ook haar eerste vis geskiet J Ons het verlief geraak op n klein smoothie bar waar so n kleine oulike Chinese meisie die mees ongelooflikste shakes aan mekaar geslaan het, van passionfruit shakes tot beans en avo smoothies!! Ons het die voorreg gehad om by butterfly space vir n groep kindertjies n middag te entertain. Ek het vir hulle drumming lesse aan gebied, terwyl Hilda hulle besig hou met kleur potlode.
Maandag het hopeloos te vinnig gekom en 8 uur daai aand sit ons saam met Alex en Sarah voor op die boot tussen hoenders, vis en sement sakke, afrika styl!! Dit was omtrent n 6 uur rit tot die eerste en die kleinste van die eilande, Chizimulu. n Belaglike dodgy klein roeiboot het ons toe van die Ilaha na die die wakwenda backpackers geneem waar ons vir spot goedkoop in n hut gaan inkruip het. Chizimulu is klein en die backpackers en n mark met letterlik net 7 soet patats was omtrent al noemenswaardig op die eiland. Wakwenda het verseker die coolste bar wat ek al ooit gesien het, gebou op reuse rotes met water amper reg rondom jou. Die spearfishing op die eilande was great en ons het net vis geeet vir die volgende vyf dae, ons het selfs vis begin ruil vir die local vetkoeke. Van chizimulu het ons met n seilboot vir 2 ure geseil na die groot eiland, Likoma. Hier was die spearfishing nog beter en ek moes myself stop om nie te veel te skiet nie. Hilda het vir n scuba duik gegaan en n vis gesien met klomp baba vissies in haar mond, ek dink hulle word chiclids genoem. Hier het ons baie amper gebly vir ses weke en ons duik kursuse voltooi. Die begroting was biekie taai en ons het maar besluit om eers aan te hou. Die ferrie rit terug Nkatha toe was yskoud en ons het opgekrul tussen hope droe vis en mekaar probeer warm hou. Terug by Nkatha het ons eers weer n Chinese smoothie gaan klap en n laaste keer by ons gunsteling local restaurant gaan eet. Ons volgende stop noord was livingstonia wat heel bo op n berg sit, ons het al by vorige travellers gehoor dat die mushroom farm backpackers net voor livingstonia die mooiste uitsig in afrika het. Die rowwe grond pad by die berg op laat die Uniondale pas soos die N1 voel. Berg op het omtrent n uur se 4 by 4 geneem maar sjoe, die uitsig maak dit die mooite werd n duisend keer oor!! Rollende heuwels en die noorde van die meer, mens kon selfs Tanzania se berge aan die ander kant van die meer sien! Ons 2 was die enigste gaste so ons het die hele plek vir ons self gehad. Die volgende oggend vroeg het ek besluit dis n uitstekende plek om my leatherman se tang in my oog te steek, dit het noggal rof gelyk en ons het maar besluit om so vinnig as moontlik by die naaste propper hospital uit te kom, 4 ure se ry weer suid. Bollie het ons mooi by die bergpas af begelei en Mzuzu hospital toe gery. Daar het ons gelukkig n oogarts en n oog dokter gekry om my te ondersoek. Ek was baie gelukkig om niks ernstig seer te maak nie, alhoewel al die mense my nou verskriklik uit kyk. Die Twee aparte ondersoeke en al die medikasie het vir ons n ronde R 0 uit die sak gejaag. Ek verstaan nogsteeds nie regtig hoe dit moontlik was nie maar ek gan verseker nie kla nie. Dit was die einde van ons Malawi ervaring, die vriendelikste mense wat ek al ooit tee gekom het. Elke roadblock of polisie man het ons laat gaan met n “go in peace” of n “have the most pleasant day”. As jy vir enigiemand dankie se dan kry jy n “you are most welcome” terug. Malawi het ons werklik bederf en sal verseker een van ons gunsteling lande bly!
Die volgende deel van ons roete is aan die weste van Tanzania aan die ooskus van lake Tanganyika!
Tot later vriende, of liewers soos ons in Malawi se “have the most pleasant day”

Stinkie & Stupid


Ilaha ferrie
Posted by Picasa



Chizimulu tot Likoma

Posted by Picasa

Rubber tree




Local is lekker!!
Posted by Picasa

Cape Mclear



Posted by Picasa