Sunday, August 9, 2009

Uganda : part 2

Kampala is n Mal stad! Die stad is eenvoudig te klein vir die hoeveelheid mense en voertuie wat dit huisves… en daars NUL padreels. Dis noggals n storie om jou weg te vind, maar Bernie leer vinnig en toe ek weer sien druk hy links&regs in nes n local om sy pad vorentoe oop te baklei. Ons belangrikste prioriteit in kampala is om Blue se 4*4 te fix. Ons gaan gee haar in by Kampala Toyota garage vir n ondersoek. Hulle ondersoek haar toe heeltemal TE deeglik na ons sin… hulle vind fout met alles in&uit ons kar en stop n kwatansie van R30 000 in ons hand!! Ek val amper van my stoel af, die ergste is hulle kan nie die 1 ding waarvoor ons oorspronklik daar is (naamlik die 4*4) reg maak nie, weens n tekort aan parte! Anyhooo, na n lang dag neem ons vir Blue huistoe met die hoop om haar 4*4 in Kenia uit te sorteer. Ons gaan slaan kamp op by Kampala Backpackers, dis gelukkig naby en ver genoeg van die besige middestad! Van daar af gaan verken ons kampala se dag en nag lewe, en maak gebruik van die local boda-boda vervoer om ons heen&weer te bring. Helmit dra is n rumour, en die hoeveelheid passasiers wat jy op jou motorfietsie mag laai het ook geen limiet. Ek en Bernie klim elke keer saam agter op n motorfiets met die gevolg dat ek in die middle gesandwitch word. Aan die begin voel dit vir my vreemd om my bene so rondom n ander man te gooi, maar toe hy eers in die pad val en tussendeur die verkeer met ons zig-zag, klou ek vir lewe&dood aan hom vas! Kampala deur die dag is kleurvol en vol lewe. Die plek is chaos en ons LOVE dit! Bont rokkies en toppies versier die strate, te veel om van te kies en meestal n klomp china tjoll! In die aand word die sypaadjies gevul met “Choma stands”. Daar verkoop die locals elke aand gebraaide hoender boudjies & vlerkies, bok/bees/skaap op n sosatie, chipaties, tjips, beans ens teen spOt goedkoop! Elke aand vat ek & Bernie n uitstappie nagmarkie toe vir n Ugandan style buffet aandete!

Ons kry nuus van Biela wat se hy wil kom kuier J Wanneer hy kan kom hang af van sy werksonderhoude. Ons hang bietjie bal by Kampala tot hy vir ons n meer vaste datum kan gee en toe ons genoeg gesien het van Kampala besluit ons om vir Blue op die MV Kalangala Ferry te laai en vir Biela te “wag” op die grootste van die Sesse Islands op Lake Victoria! Dis my verjaarsdag, en ons maak die yskas vol njammies J Ons gaan slaan kamp op by HornBill kampsite. Die kamp plek behoort aan rockstar Dicke. Hy is n vreemde karakter… Werklik een van daai gevalle van “18 till I die”. Ek kan heeldag kry net wat ek wil he J ons drink flavoured melkies en maak die beste este home made hamburgers!! In die middle van die aand kom skud Bernie my wakker en se hy het perongeluk sy crock in die longdrop ingeskop… ek is HiStErIeS van die lag en sit hom agterna met my kamera in die hand. Bernie vis letterlik sy crock uit die toilet uit met n visstok! Ek lag my maag seer! … Bernie aan die ander kant dink gladnie dis snaaks nie, hy voel nie so wel en alle grappies is op n stokkie toe hy begin opgooi en elke 10min toilet toe hardloop… hierdie keer kaelvoet J! Na n paar dae op die eiland laat weet Biela vir ons dat hy eers n week later kan kom as oorspronklik afgereken, wat beteken dat ons langer op die eiland gaan wees as beplan, maar soos Bernie se “Gelukkig is dit nie n kak plek om te wees nie”. Ons leer die eiland beter ken en maak n paar vriende met van die locals en ander muzungus wat daar werk. Daniel, van Amerika, wei sy lewe toe aan die verspreiding van God se Woord en preek vir die Ugandans oor die radio elke Woensdag. Ek en Bernie gaan een aand saam met hom na n Village ver weggesteek aan die anderkant van die eiland. Hy en n groep ander gelowige Mzungus wil die aand die bekende “Jesus film” vir die community wys. Die film is in hul local taal, maar ons ken die storie en kyk lekker saam, elkeen met n kindjie op ons skoot en 20 ander wat rondom ons drom. Elke jaar is daar glo n phenomena van lake flies wat vir so 3 dae lank oor die waters van Lake Victoria floreer. Ons vind onsself toe in die middel van n storm lakeflies wat aangetrokke is tot die lig van die film. Dit word so erg dat ons skaars kan sien wat op die skerm aangaan. Later kon ons nie eens asem haal sonder om n mondvol lakeflies in te kry. n Paar van die “oor-gelowige” meisies het hardop die duiwel begin vloek as die oorsaak van die steuring. Hulle sien die duiwel in elke kleinigheidjie wat skeef loop! Die locals het die fliek geniet en elke keer gejuig as Jesus n wonderwerk verrig! Dit was great om dit te sien J Bernie stel voor dat ons n movie night by Hornbill hou. Daniel leen sy toerusting vir ons en ons bou n buitelug teater met speakers en popcorn en al J Ons kyk “the gods must be crazy”! Cool movie!

“Tina’s coming, Tina’s coming!!!!!” Dis al wat Dicke heeldag oor babbel. Tina is sy vroutjie, geen idée of hulle werklik getroud is nie? Sy was Duitsland toe vir 6 weke en Dicke verwag haar terug binne die volgende dag of 2… ons kan teen die tyd self nie wag om vir Tina te ontmoed! Ons is baie nuuskierig om te sien watse tiepe girl saam met Dicke op n eiland in Uganda opeindig… Sy behoort heel interesant te wees!... Intussen het Bernie Besluit dis tyd dat ons onse lywe meer local hou en n lewendige hoender koop, self slag en skoonmaak vir die pot die aand. Die 5 km stapie terug huistoe met n hoender ini hand was bietjie weird, maar dis tjoeftjaf en die hoender lyk asof dit van Woolworths se rakke af kom. Ons maak vriende met twee Suid Afrikaanse oukies, Tiaan & Ryan, hulle neem mense op jag ekspidiesies op die eilande. Hulle jag die endemic “satatunga” (WaterKudu). Tiaan besit n boot en 20 perdekrag engine, net reg om ons by die dieper waters uit te kry agter die Nile perch aan. Rian vang graag vis en is baie opgewonde om ons uit te vat vir die dag! Ons vang die dag toe sommer elkeen n Perch… size doesn’t matter J Bernie vang n mooie en ons hou hom vir die vuur die aand. Bernard sit heel dag op die bootjie met n vet smile op sy gesig van pure lekker kry! Toe ons bydie huis kom is Tina terug en O MY WORD, wat n spektakel van n couple. Sy is 10 keer vreemder as Dicke. Inteendeel, Dicke kom skoon “normaal” voor in Tina se teenwoordigheid. Net soos Dicke, sing sy liewers, eerder as om met jou te praat. Ons het n paar keer saam met hulle by die bar gesit en die kaart game “Golf” speel. My mond hang wawyd oop vir die stories wat hulle ons vertel… a life of sex, drugs and rock & roll… and proud of it!!!
Ons tyd op die eiland het tot n einde gekom… dis hartseer om totsiens te se! Al is hulle die snaakste twee karakters ter wereld, raak mens ook lief vir hulle net vir hul unieke self. Ons het die vorige aand voor die ferry in die daktent geslaap om ons plek op die ferry te verseker, Baie opgewonde oor Biela wat kom kuier!!!

Die week saam met Biela het so vinnig verby gegaan. Ons het 1 aand in Kampala oorgeslaap en die volgende dag deurgeskiet “Hairy Lemon” toe, n eilandjie op die Nyl. Die eilandjie is klipgooi van die land af, maar n eiland nie te min! Ons word met n local bootjie vervoer na die eiland waar ons onsself in n dorm inbook vir die aand. Ons ontmoed n groep jong kayakers en speel “drinking games” saam met hulle die aand. Biela breek die arme kinders toe hy voorstel ons speel “Coinage”! ek self moes elke nou en dan cheat om staande te bly! Die volgende dag swem ons letterlik oor die Nyl om te gaan kyk hoe freestyle hulle n wave. Amazing! Dit lyk sOveel FUN! Vandaar af gaan ons Jinja toe om self die wille waters aan te vat! Ons gaan book vir ons in vir n River Raft die volgende dag. Bernard en Biela maak seker ons is saam met n groep wat LUS kry om om te val! Voor elke rapid raak ek lekker nervous, maar dis LEKKER nerves wat die ride ook net soveel meer pret maak! HHWOOOHAAA!!! Ons ry altesaam 10 groot rapids waarvan ons 5 swem. Die heel laaste rapid word nie verniet “bad place” genoem nie! Dis n rowwe gat wat jou insluk as jy daar binne beland. Ons maak dit gelukkig veilig verby “Bad place”, maar val toe om by “the Other place”. Een van die girls (Kate) op ons boot het haar neus in die proses gebreuk en ek vermoed dit mag dalk ek wees wat Bo-op haar geval het! Sy was gelukkig van yster gemaak, niks kan haar gemoed breek nie en sy het all smiles uit die water geklim! Vandaar af is ons Sipi Falls toe. Sipi het onlangs eers n behoorlike teerpad gekry, voor dit was die pad glo in n bitter slegte kondisie en baie onberykbaar vir toeriste. Sipi is n beautiful dorp, bo-op n berg. Ons kamp by Moses’s Campsite, bo-op n cliff wat uitkyk oor die Sipi waterval en vallei. Dis te mooi vir woorde!! Ons gaan stap saam met n guide(Martin) na die 3 watervalle. Hy leer ons van die omgewing en ook hoe om koffie bone te roast en maal vir n tuisgemaakte koppie koffie. Daardie aand bou ons n bok en pynappel pot, n resep wat nog eendag vir ons die potjiekos kompitisie gaan wen… watch this space! Biela se tyd raak min en ons ry hom terug Jinja toe vanwaar hy saam met ons Hairy Lemon vriende n taxi gaan neem Entebbe toe. Terug by Jinja werk ons n laaste dag se visvang in en n lekker makitie die aand. Dankie vir n week vol sports Biela. Dankie Pappa, Tish en sussies, MaV & PaDawie vir my & Bernie se geskenkies! Dankie al die friends wat bygedra het tot ons biltong en Rooiwyn. Julle is Superstars*

Ons moet net keer of dit gaan beter J

Al ons liefde
Big B & Billy


Homemade koffie



naak in die nyl
Posted by Picasa

shower met view


moses's camp


Sipi falls

Posted by Picasa

orals moet gefish word


beste passion sappie ooit


hoender potjie


perch gevang in die nyl
Posted by Picasa

huge mushroom


Kampala



Unlucky
Posted by Picasa