Wednesday, September 9, 2009

Kenya

Ons het Uganda so verskriklik geniet dat ons verwagtinge van Kenya maar laag was. Wow, was ons vriendelik verras!!!
Ons eerste stop was in Kisumu op lake Victoria en die plekkie waar ons gekamp het was maar dodgy verby. Met lifelike Uganda nog vars in ons kop en die feit dat n bier amper twee maal duurder was het Kenya maar swaar getrek.
Die bakkie se 4*4 was nogsteeds nie gefix nie maar ons het besluit om maar die kans te vat en in die rigitng van die wel bekende Masai Mara nationale park te beweeg, dit was immers in die middel van die great wildebees migration!! Na n vol dag se ry op n baie sleg pad gaan slaan op kamp op by crokodile camp net buite die Talek hek wat deur n paar local masaai’s gerun word. Dit was eenvoudig net te amazing vir woorde!! Ons tent was letterlik geskei van die asemrowende mara plains deur n klein droe riviertjie . Ons bevriend toe somme gou n jong masai man wat ons die volgende dag as n gids die park sal gaan wys. Na n gesmeek en n gemoan kry ons toe reg om studente prys te ky en hulle gooi toe somme ook n verniet laat middag game drive in die deal as n honeymoon geskenk! Kan dit nou beter? Die volgende oggend voor sonnop staan ons twee oopmond voor ons tent en kyk na die lugballone wat op die vlaktes opstyg en elke nou en dan ophelder van die gasvlam. Ons was so betower dat ons eers met sonnop die groot hoeveelheid wild en die enorme buffel sowat 20 meter voor ons opgelet het. Die park was amazing, ons het alles gesien wat ons moontlik wou en op plekke was die wildebeeste so vollop dat hulle net soos swart kolle op die groot graslande gelyk het. Dit was so ampertjies of ekt vir ons n trailor losgeslaan op 50/50 met my video footage van n krokodil wat amper n widebees gryp uit die mara rivier. Eenvoudig die beste game drive van ons lewe!!! Ons het nog twee dae rondom die park gehang en saamet ons nuwe vriend bietjie die masai kultuur ervaar. Ons het een aand die laptop opgeslaan in n buite teater en vir n paar masai guides vir die eerste keer lion king gewys, dit het omtrent gevoel om vir iemand die eerste keer die see te wys!
Nou was dit tyd om vir Blue bietjie TLC te gee in Nairobi. Die pad na Narobi was gruwelik ek dink ou Blue het dit net net gemaak. Die brieke was klaar, die 4*4 hub sub moes vervang word, leafsprings was aan albei kante gebreek, menigde bushes en covers moes vervang word, en die wheel alignment was uiters gevaarlik nadat die roadside mechanic ons steering arm reg gesweis het langs die pad op die sese eilande. Nairobi is nie n plek waar ek wil gaan vakansie hou nie, maar daar is nie n beter stad om jou kar te fix nie en na vier dae se kar admin was Blue weer eksie-perfeksie om die wille boendoes aan te vat.
Volgende op ons lys was Lamu ver noord aan die ooskus van Kenya. Dit was 700 km waaraan ons twee volle dae gery het deur serious “no-mans land”. Sowat 100 km voor Garrisa besluit ons om langs die pad by n local settlement af te trek en die aand oor te slaap. Was dit nou n ander ervaring!! Na omtrent n uur se confused sign language het hulle vir ons n klein plekkie gegee waar ons kon tent opslaan. Ons kry toe n jong seun wat kon engels praat en hy verduidelik toe vir ons dat hulle is van Somalia, dit verduidelik toe al die ou mans met die oranje gekleurde baarde! In die veld agter die gras/modder hutte is daar massiewe gate wat hulle permanent grawe opsoek na water. Om te dink hierdie mense grawe huge gate in die grond 15 meter diep vir n paar emmers vuil modder water en by die huis draai ons net n kraan oop. Een van die mans probeer toe n kameel aan my verkoop vir R3500, ek moet erken dit was nogal tempting maar ons het nie rerig plek vir n moerse kameel nie.
Uiteindelik by Macow aangekom waar ons ons kar gelos het en op n bootjie gespring het vir Lamu. Lamu is absoluut magical, dit voel asof mens terug in tyd gaan as mens deur die nou straatjies stap en die menigde donkies dodge. Ons eerste aand daar staan ons saam met die locals op die hawe muur en wys met ons vingers na die nuwe maan wat die begin van Ramadan aankondig. Mens kon rerig die geskiedenis en ryk kultuur orals voel en sien. Ons loop baie toevallig vir Mircea, n vriend wat ons in Uganda gemaak het raak in die klein dorpie en die volgende paar dae stap ons die eiland plat. Daar is geen voertuie op die eiland en ons besluit toe eendag “when in Rome” en huur n paar donkies vir die dag na die ver punt van die eiland. Die aand oppad terug vind Hilda fosfor in die vlak water en tjoef-tjaf toes ons kaalgat in die see met die meeste fosfor wat ek al van gehoor het. Die fosfor was so dik dit het gelyk soos n neon lig onder die water as jy net jou vingers klap!!! Lamu is een van die amazingste plekke wat ek al die vooreg gehad het om te ervaar!
Verder suid oppad na Mombassa het ons gestop by die 400 jaar oue Gede ruins en n aand spandeer by Malindi. By Mombassa het ons gaan fliek in die grootste cinema wat ek al in was en die volgende dag het ons vir Mircea gegroet wat oppad huistoe was. Die volgende twee dae was ek siek in die bed in n scruffy hotel in Mombassa waar Hilda my mooi gesond gedokter het. Tiwi beach waar ons reg op die strand gekamp het vir 4 dae het ons tyd in Kenya mooi afgerond.
Kenya was great, rerig great, ryk in kultuur, vriendelike mense orals, en propvol verskeideneid! n land wat ons versekeer weer sal sien!!!!!
Ps. Dink ons ou foon het die gees gegee? Dit, of julle hou nie meer van ons nie?
Nou is dit ons en die see, suid huiswaarts
Liefde
Stinkie & Stupid


Gede ruins
Posted by Picasa




ons maaitjie Mircea
Posted by Picasa

noue straatjies van Lamu



Posted by Picasa

crocodile camp



somalier draai gou kraan oop


Lamu
Posted by Picasa

masai mara plains


lugballonne


Posted by Picasa