Tuesday, July 14, 2009

Uganda

WOW UGANDA, ek kan amper nie glo ons het tot verby die ewenaar gery met ons kar nie. Ons het sommer met die inkom slag geweet ons gaan Uganda love, die beamptes by die grens was so ongelooflik vriendelik dat ek op n kol gedink het dis n lokval! Ons eerste aand in Uganda het ons aan die voet van die bitter indrukwekkende volcano, muhavungeru geslaap. Die naam beteken “the guide” want dis so enorm dat mens dit van rerig ver af kan sien.
Ons volgende stop was by lake bonyoni waar ons by die overland resort aangeklop het, verbeel julle n 5 ster resort wat spesifiek ingerig is vir overlanders, ons het sommer 6 dae daar spandeer en sommer behoorlik in die local vibe ingeklim. Een van die dae het ons n uitgeholde boomstomp gehuur en gewapen met n pynappel en n paar samies die meer gaan verken. Toe ons uiteindelik die stuur bemeester het is ons na n paar eilande onder andere punishment island waar hullle in die ou dae ongetroude verwagtende vroue gesrtand gelos het. Ons het ook beleef hoe dit voel om aan die ander kant van triggerhappy kameras te wees, celebrities weens ons vel kleur?
Van daar is ons werklik af van die “ beaten track” opsoek na n local hotspring by Kitagata so paar honderd kilometer tussen nokkol en fiks. Hier het ons vir Samson ontmoet wat toe gely het na een van die craziest dae van ons trip sover. Ons kamp toe sommer langs sy huis op sy 5 hektar plaas en die heel dag lank word ek en Hilda soos n skool toer gely en van al die verskillende vrugte en groente geleer, you name it, hy’t als, van grondboontjies tot pynappels! Hilda het ook toe n crash course in millet meel maak op die ou manier- van dit sorteer tot fyn maal met twee klippe. Hierdie mense lewe regtig net soos hulle nog 100 jaar terug gelewe het en alhoewel dit vir ons wreemd is, werk dit vir hulle.
Vroeg daai aand nooi Samson ons saam as sy gaste vir n kamp? Met die voorwaarde dat Hilda darem iets drae wat haar knee toemaak. Toe ons weer sien is hy in volledige scout uniform, hoed, woodbadge, die hele works. Hy draai toe uit om n verskriklike belangrikke figuur in die Uganda scouting community te wees. Daar was seker 3000 kinders by die kamp en ons was omtrent celebs. Ons was formeel voorgestel aan al die grootkoppe en op n grand tour gevat dat almal spesiaal vir ons hulle verskillende setups wys. Die aand het ons om n enorme vuur drom gespeel, gedaans en gesing in wreende tale. As ek nou terug dink daaraan voel dit nie eens asof dit werklik gebeur het nie, dit was n onvergeetlikke ervaring. Net voor 12 die selfde aand het Samson ons na die hotspring gevat om te gaan bad. Dit was omtrent net stoom en waar die water by die grond uitkom is dit 80 grade celcius, jy kan nie eens jou hand daar in druk nie, maar jy kan wel n koppie vat en van die vuurwarm swael water drink met “healing powers”. n Biekie verder vanaf die source is daar n fraksie kouer poel waar ons biekie saamet die locals ontspan het, verbeel n swart roman bath met klomp kaal en half kaal locals.
Na n lekker onbyt het ons vir Samson gegroet en nooord gery oppad na Hoima waar ons n lifelike kamp plekkie by die amabere grotte en waterval gekry het. Oppad daarna moes ons eers stop en n paar fotos op die ewenaar neem, crazy om te dink ons het actually tot by die ewenaar gery! By die grotte het ons behoorlikke onweer ervaar en maar net heeldag gekook onder n afdak. Ons het elke oggend n lekker koue stort onder die waterfal geneem en ook n toer gevat wat ons van al die local legends geleer het. Van Hoima is ons na Masindi op n bitter slegte grond pad, hier het n bus ons van die pad af gedruk en ons het lekker vasgesit langs die pad. Dis hier waar ons agter gekom het dat ons 4 by 4 die gees gegee het en gelukkig was daar n vriendelike cruiser om on suit te sleep. Masindi was n great klein dorpie met n huge mark en n besige nagmarkie vol sosaties en chipati’s.
ons wou graag die chimps gaan sien in die robungu woud, maar dit was eenvoudig net te duur en ons druk toe deur na lake albert aand die weste van Uganda. Ons het weer in die sand vasgesit en besef dat ons so gou as moontlik ons 4 by 4 moet fix, anders gaan ons dit nooit maak nie. Behalwe vir die hordes kaal mans wat oggend, middag en aand in die meer voor ons tent gebad het was lake Albert beeldskoon met die mees ongelooflikste sunsets oor die blue mountains van die DRC.
En toe ons weer sien toe is ons by die Nyl, die actual Nyl wat deur Sodan en Egipte vloei, in hierdie rivier is daar mos nile perch!!!
Ongellukig was dit onwettig om vis te vang in die deel van die rivier, en alhoewel ons so biekie probeer het, het ons niks hevang nie.
Ons het toe opgehook met pelle wat ons vroeer ontmoet het, Carl en Nicola en saam in Murcison falls national park ingegaan. Die middag het ons op n majestic boot trip gegaan op die Nyl oppad na die falls en ook n groot hoeveelheid diere op die wal gesien. Die aand gaan slaap ons by n campsite net bo die falls en kry dit reg om n ranger te wangle om ons die volgende dag te vat om te gaan vis vang onder die falls teen n spesiale prys. Loshande die mooiste plek waar ek al visgevang het in my hele lewe, reg onder die dreunende falle met n monster Nyl krokodil wat vir jou loer. Deur loop van die oggend het ek n monster vis verloor in die sterk sroom wat ek met n kilogram lewendige vis vir aas gehak het. later die middag het ek my eerste nile perch geland, so +- 20 kg. n Groot vis, maar n baby as mens dink hulle raak tot oor n honderd kilo’s!!! Die res van die dag en volgende oggend het ons hard gefish om vir Hilda ook n vis te hak maar net n paar ander kleiner vis het uitgekom. Dit was belaglik warm en bedompig en Hilda is omtrent lewendig opgevreet deur steekvliee, maar dit was verseker die moeite werd! Die middag is ons oor die Nyl met n ferry en op n great game drive aan die ooste kant van die nyl. Dit was so ver noord soos wat ons gaan op hierdie trip, van hier af is dit suid!
Ons is nou in die hoofstad, Kampala, dis n mal plek, ekt nog nooit so baie mense op een plek gesien nie. Ekt gedink bestuur was rof in Kigali, maar Kampala is iets anders, daar is eenvoudig net geen reels, maar snaaks genoeg werk dit heel oraait.
Bly ingeskakell vir ons volgende update oor die res van Uganda, the pearl of Africa!!!!

Liefde, vrede, bokvleis en pynappels
Stinkie & Stupid

Murchison falls


heel noordste punt


Muhuvenguru vulcano


Lake bonyoini
Posted by Picasa


die Nyl


Nile perch, yahoo!

Posted by Picasa

scout kamp



we did it!!


Amabere waterval
Posted by Picasa


koffie sade


swael water by hotspring


bollie maak meel
Posted by Picasa