Monday, March 30, 2009

Botsawana

Hallo Maatjies
Ons twee is so in ons noppies oor hierdie blog storie, julle sal dit nie glo nie, ons dink omtrent ons is comper geniuses!
Ons en ons Brazillian vriende se paaie het geskei in Rundu, na omtrent 3 weke se saam toer, hulle was great fun en ons gaan hulle baie mis!
Oppad Poppa falls toe het ons langs die pad in die veld geslaap en ons roete verder beplan- of deur die Caprivi na Kasane of die langer pad af in Botswana deur Maun en dan Kasane. Ons besluit toe op die langer pad( buitendien wie’t meer tyd as ons?)
Ons probeer vir n dag lank tiervis vang in die Kanvango rivier maar al wat ek reg kry is om my vistok te breek, dit vat my toe omtrent nog n volle dag om oor my hartseer te kom! Dit was baie emosioneel!!!!!
Die Botswana Grens by Mohango was n Breeze om deur te kom en gelukkig het ons onthou om my duitse salami onder die stoel weg te steek, anders sou dit my nog n dag van hartseer gekos het! Ons eerste stop was toe net na Shakawe by die gerugte Drotsky’s cabins op die Okavango delta waarvan ek al so baie gehoor het, en WOW met baie goeie rede! Ek het lanklaas so n mooi en netjiese plek gesien met sulke vriendelike mense. Ons is die eerste dag op die boot uit en het n vis arend gesien op die wal en hulle het besluit om ons te treat en hom te voer. n Tekort aan vis het gemaak dat ons n stuk rou wors met papyrus plant langs die boot ingegooi het, en almal met hul cameras gemik op die arend gereed gestaan. Uit die blou sonder dat enige van ons agter kom, duik daar toe n ander vis arend van agter af op die onverwagtende stukkie wors af en ons almal skrik te groot om n kiekie te kry. Amazing !!!!!!
Terug by die kamp vang ek en Bollie ons eerste tiervisse, altesaam in twee dae het ons 6 verloor en net twee geland. Sover 6-2 in die tiere se guns.
By die kamp moes ons op ons hoede wees vir die skelm bloubal apies wat wag vir die geleentheid om iets te gaps en vanaf ons tent hoor mens die visarende in die dag en die seekoeie (soms nie verder as 20 meter) in die nag, dit was maar moeilik om vir so n mooi plek totsiens te se.
Ons beplan toe om vandaar Maun toe te beweeg en gaan doen eers biekie shopping in Shakawe. Die vleis in Botswana is rerig goedkoop.
Opad Maun toe lees ons toe van Drotsky’s caves en dit klink net te opwindend om te skip, al is dit n helse ompad. Ons draai toe van die groot pad af en oppad na die Aha Hills sit ons toe sommer behoorlik vas in modder wat ongemaklik baie soos koeikak geruik het. Ons kom toe net voor donker by die Aha Hills aan en trek van die pad af om ons daktent op te slaan. Volgende oggend raak ons albei saam wakker gemaak deur die gedreun van n biljoen bye rondom ons tent. En vir die van julle wat nie weet nie is ek, Bernard die beervanger, bitter bang vir bye. Hilda speel toe Racheltjie de Beer en offer dat ek in die daktent bly le in fetus posiesie terwyl sy in die kar spring en ons by veiligheid kry, maar Hilda se die bliksems agtervolg ons in haar spieeltjie. Na n paar kilometers bleik verdere ondersoek dat die bye begin nes maak het binne in die toe canopy.n halwe blikkie doom en n paar kilometers met n oop canopy het hopelik die ding gedoen- ons moet nog damage control doen!
So 10 uur die oggend het ons by die grotte aangekom en elke ding wat ons moontlik kon kry wat kan lig maak en baie water in n rugsak geprop- en daar gaan ons!
Dit was seker een van die grootste Indijana Jones ure van ons lewe !!! Ons het uiteindelik die lig aan die einde van die grot gekry en ons altwee beloon met n koue bier uit ons yskas.

By Maun aangekom pak ons af by n gesellige plekkie, genaamd “old bridge backpackers”. Dit het omtrent ons tuiste geword, aangesien ons al vir die 6de aande hier oorslaap. Die dorp bied ons die geleentheid om bietjie admin te doen, soos bv n waterpurifier opspoor en n paar dinge aan die kar bou. Ons ontmoed n paar travellers wat ons bevriend en kry goeie advies oor waar ons op n goedkoop mokoro trip kan gaan, want die lodges en backpackers is belaglik duur. Ons gaan mokoro in die bloedige hitte van die dag, want ons Wil mos die vorige nag kuier en laat slaap die oggend. Bernard le helfde van die tyd op die naat van sy rug en kruip weg van die son agter sy hoed. Dis lekker om tussen die riette deur te gly op die dun bootjie. Die guide mannetjie neem ons na n ‘veilige’ plek waar ons kans kry om af te koel in die water, maar net n vinnige in en uit, want ek is bitter bang vir oom krokedil en tannie seekoei. Terug by die huis is ek en Bernie rasend honger. Ons braai vir ons wors en steak in ons cool wok, dankie Nicol! Die vleis in Botswana is regtig goedkoop, vrek taai tot dusver, maar goedkoop, so ons eet soveel vleis as wat ons kan. Soos Bernard se “Meat is meat and man must eat”. Ons kamp langs n stukkie van die delta se waters en het natuurlik al n lynjie nat gemaak. Ons albei het African pike en bream gevang, maar jag steeds die monster nembwe. Die groot besluit wat ons nou moet maak is watse twee van die drie parke ons wil besoek (Moremi, makgadigadi of Chobe) want ons kan nie al drie bekostig. What a tough life J

Totsiens tot later*

No comments:

Post a Comment