Thursday, March 12, 2009

Afrika honeymoon- Namibie
Hallo vrinne,Sit in my tent in Rundu in noord Namibie (ja ek weet, nogsteeds Namibie) en dit stort reen buite. Ek het windows outlook opgelaai, impressive ne? so nou kan ek my mails check en reply anywhere, so mail ons gerus by bernardswart@gmail.com . Ek belowe om dit elke nou en dan te check en te reply!Reen seisoen in die noorde is gladnie n joke nie, die plek is heeltemal verspoel, maar soos in erg!! Ek kannie onthou hoeveel hectic riviere ons al moes deur en hoeveel keer ons al vas gereen was! Maar saamet die suur kom die soet want met al die reen is die wereld prentjie mooi.Van Windhoek was ons henties toe en het vi n paar dae in Duba hulle se strand huis gebly; dit was awesome, thanx Duba!! Ons het n paar kabeljoue en galjoentjies gevang, maar niks om oor huistoe te skryf nie! Ek het n groot haai verloor met n knoop wat gegaan het, lekke stupid. Hilda het haar eerste kabeljou en galjoen op haar eie gevang!!n Random ou ballie langs die water het ons ooreed dat na jy jou eerste see baber geeet het sal dit nooit weer terug gooi nie, maar dit was maar n kak storie en n nog kakker plan, veral op valentine’s day!Het vir Spyker Kruger (fishing legend) ontmoet langs die water en toe somme vir n paar dae by die gesin ingetrek, werklik wonderlikke mense! Vandaar terug Swakopmund toe waar ons weer ons Brazilian vriende ontmoet het en n lekke party gehou het en in die duine gaan 4x4 het. Duin 7 met n stuk hardboard afry is iets wat almal een keer in hul leeftyd moet doen, of net ten munste Hilda se gesigsuidrukking sien terwyl sy dit doen.Na Walvisbaai is ons Spitzkoppe toe vir 2 aande, na al die reen was dit seker die mooiste plek wat ek al beleef het.Vandaar brandberg toe vir die rotstekeninge- Die great guide het dit rerig spesiaal gemaak. By Twyvelfontein het ons die rots graverings en die petrified forest gaan check wat net so impressive was.Ons het toe na Opuwo gery en daarna wes na Etanga in die hart van die Koakoveld, ( rerig untamed Afrika) hier het ons op n tweespoor paadjie ingery en n lyn regdeuer die middle van die koakoveld gesny. Ons was opsoek na die Himba tribe! Hier in die ver noorde sien mens hulle relatief dikwels maar hulle is dan al nie meer so authentic soos ons wou he nie. Met pure geluk na 5 en n half ure se ry aan n 50 km pad kom ons toe op n proper himba tribe af. Maar ek praat sommer van mense wat verbaas gelyk het om wit mense te sien, ons ryl toe rys en meel sulke goed en gaan hang biekie in die village! Ek wens ek kon dit vir julle beskryf, wat n ongelooflikke ervaring, doen julle self n guns en gaan soek biekie die Himba tribe op, hulle is rooi rooi gesmeer en half kaal met die wreemdste hare en jewellery en krafts, Hilda het heeltemal uitgefreek!! Hulle was baie vriendelik met ons behalwe dat ons nie eens amper kon komunikeer nie. Toe ons foto’s van hulle neem en dit vir hulle wys op die digital kamera het die kinders omtrent bommelakiesies gedoen van verstomheid en opgewondheid. In my lewe het ek nog nooit vreemder of liefers meer ander mense gesien.Na die Himba’s is ons na die Epupa en Ruacana falls toe wat albei ewe indrukwekkend was.Volgende op die lys was was Etosha national park, daar gekom om net by reception te hoor ons gaan geen wild sien nie ? Maar met ons verkyker was ons gereed en vol moed!Sjoe, maar was daai stupid vrou verkeerd! Behalwe vir die magdom bokke,zebras en kameelperde het ons hayenas, 3 leeus, en n swart renoster gesien. To top it all spot Bernard wildtuin oog check toe 2 cheetahs in die lang gras, hulle staan toe op en beweeg stadig in die rigting was n trop springbokke. Ons verloor hulle toe vir n lang ruk in die ryger bos en net toe ons wou ry toe gewaar Hilda hulle toe met die verkyker, besig om die bokke te bekruip. Ons het front row seats tot n real life 50/50 show gehad. Die cheetah het opgespring en gehardloop teen die spoed van wit lig in die rigting van die trop bokke en meer spesifiek in die rgiting van een van hulle. Dit was naelskraap of daai bokkie was cheetah kos! Ons voel so gelukkig ons kon so iets beleef, en hulle het gese ons gaan niks sien nie, whatever!Van Etosha he tons verby die Hoba meteorite gegaan, die grootse een in die hele wye wereld.Nou in Rundu besig om ons roete verder te beplan! Sal julle op hoogte hou!Alles van die beste maatjies, en sms ons asb ons mis julle- sms ons by +27 78 793 4340 Stinkie en Stupid Swart

2 comments:

  1. Jis Stinkie en Stupid, dit klink regitg egtig befok. Thanks vir die updates. Ek sit hier in warm, tropiese Vietnam en leef my in, in stories van Afrika deur julle oë. Die photos is amazing. Ek is sommer lus en gaan soek daai Himbas. Kannie wag vir die volgende insetsel nie. Chiars!

    ReplyDelete
  2. Hi, julle 2 skatte
    Soooo lekker om van julle te lees!!! Frikkie het gelukkig nou vir my ook opgestel ......tegnologies bietjie agter met die dinge - gelukkig kan ek darem tik. Bly om te sien hoe julle dit geniet en die rykdom van ervaring wat jul opdoen.Lovies p xxx

    ReplyDelete