Tuesday, April 7, 2009

Welkom in Zambie

So, toe kies ons die Chobe!! Vanaf Maun het ons oos gery tot by Nata waar ons n aand by die Nata bird sanctuary oorgeslaap het. Daar het ons ons voelboek en verkykers uitgepluk en n klomp watervoels op die nata pan uitgeken. Die pan was propvol water en alhoewel vlak het dit gestrek sover soos ons oe toegelaat het. Die volgende aand het ons langs die pad tussen Nata en Kasane oorgeslaap in die bos. Die plek is regtig willer as die wildtuin en ek en Hilda is rondom ons vuurtjie weggejaag om in die kar te gaan skuil van n paar olifante. Die res van die nag le ons twee wakker in die daktent en luister na die wilde diere en n olifant wat seker 10 meter van ons kar verbyloop, en dis nie eens in n park nie!!
In Kasane het ons een middag by die pool van n baie lanie lodge gaan uihang en gemaak asof ons stink ryk is (eintlik het ons net lekker geswem en volle gebruik van hulle vyfster badkamers gemaak!)
Kasane is n mal plek, hier loop die vlakvarke sommer so langs die spar tussen die karre deur? Ons maak na paar pelle en kry biekie verniet verblyf in n campsite net buite die dorp waar ons n baie interesante aand saam met die local boere spandeer- apparently is daar net twee tipes mense in Kasane FT’s (f@*%ng tourists) en FL’s (fu#@$ng locals).
In die donker oggend oppad na die chobe vanaf die campsite sien ons n trop buffels, n olifant,n leeu en n luiperd, alles in 15 minute oppad na die park. Die chobe was retig n belewenis met n magdom olifante orals, party vriendelik en ander net pleinweg bleddie ombeskof!!!! Dis nooit n goeie plan om tussen n ma en n kleintjie te kom, so moes ons mar op die harde manier leer.
Vanaf Kasane gaan ons toe oor die Zambezi via die Kazunkula ferry oppad na ons volgende land, Zambie. Die grenspos was omtrent n gemors en na sowat twee ure is ons aansienlik armer maar wettig in Zambie. Livingstone is maar net 70 kilometer van die grens en ons gaan book ons in die Jollyboys bakpackers in. Die Zambezi is klaarblyklik belaglik vol en mens kan die Victoria falls se spray 10 kilometer ver sien. Die falls was amazing en ek en Hilda het die roete drie keer oor gestap, mens raak so erg nat van die sprayy mens kon net so wel geswem het!! Van naby af kon mens omtrent glad nie die falls sien want dit was eenvoudig net toe onder al die spray.
Hier is ook n museum met n baie interesante kamer oor die beroemde David Livingstone waar hulle sy lewens storie vertel. Daar was baie van sy ou gereedskap en klomp van sy oorspronklike briewe uit die laat 1940’s en vroe 50’s. Hy was werklik n baie indrukweekkende man!!
Ek het ook my eerste self service op die bakkie gedoen wat nogal scary was maar gellukig was daar n baie vriendelike mechanic byderhand om seker te maak dat ek die kar weer reg aan mekaar sit. Die bakkie ry nogsteeds so ek neem aan ek het nie te veel stront aangejaag nie!
Ons het vrienedelike krokodil boere ontmoet wat naby die Kariba meer boer waar mens glo lekker tiere kan spearfish in die meer? Hulle se krokodil smaak soos hoender, maar ek dink ek gan maar vir myself gaan uitvind, enige resepte is welkom!
Livingstone is ook enige adrenalien junkie se paradys en ons kon nie weg gaan sonder om iets waaghalsig aan te pak nie. Ons besluit toe op tandem george swing met n 53 meter vryval, verseker die scarieste ding wat ek al gedoen het, veral met Hilda se geskree langs my oor!
Ons beplan om van Livingstone oos te ry tot waar Zambie en Zimbabwe grens by die Kariba meer. Hou duim vas vir n paar monster tiervisse!!!
Gaan goed vriende
Stinkie en Stupid Swart

No comments:

Post a Comment