Sunday, April 26, 2009

Zambie is GREAT!!!

Ons sou oorspronklik redelik flugtig deur zambia beweeg, omdat die petrol prys nie in ons budget val nie, maar voor ons ons oe uit vee is n maand verby en is dit tyd om totsiens te se...
In Livingstone het ons vriende gemaak met krokodil boere (Gert en Anneri) van Siavonga en beloof om by hulle te kom kuier wanneer ons daar draai.
Siavonga is n klein dorpie bo by die kariba meer, suidoos Zambie. Ek en Bernie het onsself by Eagles Rest se kampterrein gaan vestig, voor die paasnaweek wat ons beplan om saam met Gert en Anneri te spandeer. Die Kariba meer is beeldskoon… en WiLd. Dis water so ver as wat die horizon strek, met klein eilandjies wat hier en daar uitsteek. Die water wil voorkom asof dit harmless is en mens moet jouself herinner om gedurig op die uitkyk te wees vir oom krokodil en tannie seekoei wanneer jy langs die oewer staan en visvang of net die uitsig aanskou. Gert & ouers boer met krokodille, maar vang ook kapentas (sulke klein vissies wat zambie se stapel protein is) Hulle vang die krokedille in die wild en teel met hulle. Die eiers word in broeikaste uitgebroei en wanneer die krok ongeveer 2jaar oud is, word dit geslag en slegs sy pens velletjie word uitgevoer om die volgende sexy Gucci nommertjie te word. Bernie se droom het waar geword toe hy die geleentheid kry om n krokedil te stoei en n paar krok tande huistoe te neem J Dis een ding om krokedil te eet en n ander ding om krokedil te eet nadat jy gesien het wat hy alles eet… vrot beesvleis vol maggots! Ek stem saam met Gert as hy se: “n mens eet nie iets wat jou sal eet nie”. Maar as mens dit regkry om verby daai mentaliteit te kom, smaak krok vleis eintlik heel eenvoudig en lekker. Gert het vir ons hul banana boot geleen om die kariba meer plat te ry, en so het ons gemaak, ma net baie versigtig, want daai bootjie tip sommer vinnig om as jy n draai te skerp neem, en daar wil mens nie omval nie!! Alhoewel Siavonga nie die grootste dorpie is nie, bly daar werklik goeie mense en ek & Bernie het die voorreg gehad om ek dink meeste van hulle te ontmoed. Danksy Gert en Anneri het ons toe ook vir Mouse, Rainer & Carla en Hein & Melissa bevriend. Hein en Melissa woon in n pragtige huisie langs die zambezi. Hulle het hulself nie te lank terug daar kom vestig en n organisasie gestig naamlik Mukuyu Outreach. Bernie het vir Hein help boer, terwyl Melissa my leer wat dit beteken om n flikse huisvroutjie te wees. Rainer, Carla, Mouse en Luke het vir n dag deurgekom om amal saam potjie te brou en met die boot op die zambezi te speel. Ons het gefish, geswem en sundowners gedrink… baie pret! Teen die maandag wat ons vir Hein en Melissa groet, kon Bernie vuur maak met net n stukkie bamboes riet en jacaranda hout en ek het my eie resepte boekie: Bollie se Bos kos Boekie J Dankie Hein en Melissa* Vandaar af is ek en Bernie toe alleen na Rainer hulle se stukkie grond daar waar die zambezi en kafue rivier kruis, oorkant Mana Pools game park. WOW!! Wat n amazing plek!!! Ons kamp basies op die rivier en mens is konstand omring deur olifante en hipos wat in die water baljaar. Ek het omtrent die paranooia horries gekry wanneer die son gaan sak. Bernie het die fout gemaak om n movie saam met my op die laptop te probeer kyk een aand, maar elke 5 min het ek die klank afgesit want ek kon sweer daar staan n olifant langs ons tent. Ons sou oorspronklik net Bernie se verjaarsdag daar vier, maar die plek steel jou hart en ons kon onsself net nie daar wegkry nie. Dankie Rainer & Carla* Vir Bernie se verjaarsdag het ons picnic gehou met chips en fanta en Melissa het vir hom spesiaal n chocolate koek gebak J n paar Zawa (Zambian Wildlife association) ouens het die area gepatroleer vir poachers en afgekom op n poaching base camp met omtrent 16 gedroogde impalas en 6 vars impalas. Die poachers was te vinnig en het ongelukkig weggekom. Natuurlik sou die Zawa mense die vleis onder hulself uitdeel en opeet, aangesien dit onwettig is om te verkoop. Ek en Bernie sien toe die blink geleentheid raak en skimp vir n stukkie… En sommer so sny hulle vir ons die hele boud met been en al van een van die ‘vars’ bokke af . Daardie aand eet ons toe Impala potjie en met die oorskot vleis het ons 3 lekker vet stukke biltong op die local manier gemaak… eers op die kole, dan in die son. Gepoachde vleis of de not, n rooibok boud is n rooibok boud en smaak ewe lekker J….. dis waar my storie eindig vir nou, net n laaste ietsie snaaks… Bernie se latest obsession is sy baard kammetjie (n blou plastic china produk) Ek kan deesdae skaars n foto van hom neem, voor hy my eers stop en sy baard reguit stryk met die kammetjie. Dit hou ook net so lank, want sy baard het n lewe van sy eie J

Mis julle*
Bernie en sy Bollie

1 comment:

  1. wowwow....klink en lyk amazing! het baie leeswerk om hier optevang....bly om te hoor dit gaan goed met julle!

    ReplyDelete