Friday, June 26, 2009

Rwanda

Rwanda is seker een van die kleinste lande in Afrika, maar as jy dit sou uitrol met n koekroller dan sou dit verseker een van die grootstes gewees het. Dis die dat dit bekend staan as “the land of a thousand hills”. Mens raak meer bewus daarvan as jy n 3 ton gelaaide bakkie met 62 kw ry en die helfte van die tyd tussen tweede en derde rat moet spandeer!! Ons het geweet dat Rwanda een van die duurder lande van ons trip gaan wees en dus het ons, ons laaste aand in wes Tanzania gevier met n kilogram bok vleis en paar biere by n local bar in Ngara. Die grenspos was reg oor die Rusomu falls en dit was “tjoef tjaf” toe is ons oor die grens. By die hekke uit het die locals langs die pad verskriklik op ons geskree en hulle hande in die lug gegooi en ons kon glad nie verstaan wat aangaan nie, is ons ligte aan? Is ons canopy oop? Wat de hel? Toe ons stop en vrae wat aangaan is ons vinnig in frans herinner dat in Rwanda ry mens aan die regter kant van die pad. Mens sou dink daar moes darem n bordjie of iets gewees het!!
Rwanda het dadelik anders gevoel as enige van die ander lande waar ons was, behalwe dat almal net frans praat en aan die verkeerde kant van die pad bestuur was die paaie uitstekend en al die klein huisies het bitter mooi tuine gehad.
Daar was geen kampeering in Kigali nie en die verblyf was so duur dat ons besluit het om net een aand daar te slaap en die volgende dag aan te skuif. Gelukkig was die ontbyt ingesluit- n koppie tee en n droe broodrolletjie vir een.
Mens het nog nie in Afrika bestuur voordat mens Kigali verkeer vol verkeers sirkels aan die verkeerde kant van die pad aangevat het nie, sjoe, dis die meeste wat ek al die hele jaar gestress het!!!!
Ons het geweet dat die genocide museum in Kigali gaan rof wees, maar mens kan jouself eenvoudig net nie voorberei daarvoor nie. Al wat ek geweet het van die genocide was wat ek al in n fliek gesien het, en om te dink dat dit skaars 15 jaar gelede gebeur het en dat die westerse wereld niks daaraan gedoen het is verstommend! Daar was maar n donker wolk oor die res van die dag.
Van Kigali is on wes op n ongelooflike pad na Karongi op lake Kivu. Dis amazing dat selfs met al die steil rolllende heuwels is lande bewerk teen selfs die vreemdste angles. Ons spandeer twee dae langs lake Kivu wat oorals versier is met die coolste
Eilande, regtig prentjie mooi.
Ons ry toe noord al langs lake Kivu op n baie slegte pad wat ons omtrent 5 ure neem aan 80 kilometer. Ons het glad nie geklae nie want dit was die mooiste,mooiste pad wat ons al op die trip gery het! Eilande op eilande in lake Kivu en binneland was daar net tee plantasies op elke koppie so ver soos mens kan sien!!
Ons besluit toe dat 4 dae in Rwanda is genoeg en ons druk toe deur vir die grens van Uganda. By die grens was ons lekker jaloers op al die bussies vol mense wat gaan gorillas kyk, maar wie is ons om jaloers te wees op enigiets? Ons neem toe maar n foto by n gorilla standbeeld.
Rwanda is werklik belaglik mooi maar dit so moelik is om daar te travel omdat amper niemand engels praat nie en ons frans is maar gelimit tot “ merci” en “bon voyage”, boonop is dit ook hopeloos te duur in vergelyking met al die ander lande.
Nou sit ons lekker langs n meer in Uganda waar n kilogram bokvleis R 20 kos en n moerse pynappel R 2. maar dis in ons volgende update.
Tot dan, liefde en vrede uit Afrika

Stinkie en Stupid Swart

No comments:

Post a Comment