Sunday, June 14, 2009

Wes Tanzania

Ons het die 27ste Mei in Tanzanie in gegaan. Dis vreemd hoe n land onmiddelik anders voel en lyk aan die ander kant van n grens. Tanzanie se piesangs is HUGE!! Die mooiste vir my is die vrouens wat hulself drapeer in variasies van kleurvolle materiaal. Dit werk vir hul veel goedkoper uit om eenvoudig lappe om hul lyf te bind en oor hul skouers te gooi. Ek en Bernie het n paar dae in Mbeya spandeer om navorsing te doen oor Burundi en Rwanda. Intussen het ons vir “Blue” a.k.a “little blue dune buggy” of ook “Trovao Azul” (Blue Thunder), n lekker skrop gegee van bo tot onder en ook maar goed so, want agter die watertenk het daar n lelike muf monster weggekruip. Ons het gehoop om vir Neef Jan te gaan kuier, maar ongelukkig was ons timing bietjie uit, hoopelik kan ons hom ontmoet met die pad af. Die 30ste Mei val ons in die pad Kigoma toe. Dis n lang en stadige rit, want die pad is maar in n slegte toestand. Teen 6uur is ons opsoek na n veilige plekkie om oor te slaap. Ons kies n netjiese local huisie en ek gaan vra vir die vroutjies wat buite sit of ons ons kar daar kan stop en oorslaap vir die aand. Dis makliker gese as gedaan, want hulle verstaan nie engels en ons moes handgebare gebruik om te kommunikeer. Dis nie lank voor die hele community weet van die “Mzungus” (wit mense) wat daar kamp, want elke 5 min kom daar n nuwe gesig by die huisie aan en almal groet ons met n handdruk en se “karibu” (welcome). Die res van die aand hou vreemde ogies ons elke beweging dop. Die volgende oggend word ons verras met rys, beans & greens, piesangs en waatlemoen vir ontbyt en die lekkerste tee wat ek al ooit gedrink het. Dit was so spesiaal, ek wou sommer huil! Die volgende dag ry ons deur Katavi NP en slaap net buite die park by die “River Side Kamp”. John & Elisabeth (ou Stellenboschers) slaap heel toevallig ook daar en oorreed vir my en Bernie om in Katavi in te gaan vir n dag, aangesien dit die goedkoopste park in Tanzanie is. Dit kos vir ons R800 om in die park in te gaan, en behalwe vir die Tsetse vliee wat mens lewendig opvreet, is dit absoluut die moeitte werd om Katavi te sien!!!! Die omgewing is beeldskoon en die diere vollop. Dit neem nog 2 dae se stadige ry op grondpad voor ons uiteindelik by Kigoma aankom. Ons gaan book onsself by Jacobson’s Beach in. Die strand is tropies en die water van lake Tanganyika is nog helderder as lake Malawi se waters. Hier maak ek en Bernie onsself tuis vir n paar dae. Bernie skiet n goot vis, “koehe”. Ons is soo excited om die vis te eet daarde aand. Ons gee helfde van die vis weg want dis helemal te veel om self op te eet. Ek bou vir ons braai broodjies met brood wat ek vroeer die dag gebak het, terwyl Bernie n garlic botter sousie vir die vis aan mekaar slaan. Bernard draai vir n oomblik sy rug op die vis toe raps een van die stoute blerrie apies die hele stuk vis!!!! Dit was nie die laaste kos wat hulle van ons gesteel het nie, ons moes al totsiens se vir baie van ons piesangs, helfde van die papaya, helfde van my vars gebakde piesang brood en ons suiker potjie. Hulle is eenvoudig net te vinnig, te slim en nie bang genoeg vir jou nie. Aloewel… hulle het vinnig geleer wat n kettie is en hoe seer dit kan maak!!! Sodra mens die kettie oplig, is dit net stof wat spat soos hulle bome klim en die bos in hardloop. Ons het die project manager van Mapa (mapping africa’s protected areas) ontmoed, as n honeymoon geskenk het hy vir my en Bernie deel van die “team” gemaak en ons kon verniet, saam met hulle Mahale Mountain NP ingaan. Dit was so n cool geleentheid, want die park kostes vir Mahale is bitter duur… en ons kry die voorreg om vir spot goedkoop chimp trekking te gaan doen. Sondag oggend is ons 5uur op, kla gepak en Baie opgewonde. Ons ry Tanapa head quarters toe waar ons die voertuie los vir die 2 dae wat ons by Mahale is. Ons wag vir die taxi om ons op te tel soos vooraf bespreek is…. Maar niemand daag op nie…. en dit was maar net die begin van n hele reeks unfortunate events! Drie ure later is ons uiteindelik op die boot J I.p.v n 6 ure rit Mahale toe, soos ons vertel was, neem dit vir ons 11 ure om daar uit te kom. Ons hou ons besig met die kaart game ‘black bitch’, wat March& Charlie vir my en Bernie leer speel het! Om n lang storie kort te maak… ons het die volgende dag chimp trekking gaan doen… ons het 6 ure lank in die berge gestap, maar die chimps was ongelukkig te ver en onbereikbaar. Ons is terug huistoe vir lunch… die aand hoor ons dat die chimps het later die middag afgekom met die berg… maar niemand het die verantwoordelikheid geneem om ons daar uit te kry nie. Ons guide het glo gedink dat ons die volgende oggend eers weer wou probeer, maar aangesien die boot rit so lank neem, kon ons nie bekostig om so laat die aand by Kigoma aan te kom. Dis nou vir jou n jammerte! Gelukkig het dit nie ons geldsakkie veel skade gemaak nie en eks baie dankbaar dat ons Mahale kon ervaar…. Maar ek kan nie help om traanerig te word oor die chimps wat ons nooit gesien het nie!!
Blue het die afgelope tyd n snaakse geluidjie hier en daar gemaak wat vir my en Bernie bekommer. Ons het haar na n Toyota garage geneem hier in Kigoma waar ons uitgevind het sy makeer n bietjie liefde en aandag. Haar voorste dif het gelek en die linker voorste stabilising arm bearing moes vervang word. Dit het vir ons n ekstra paar dae in kigoma gekoop, waaroor ons gladnie kla nie, want ons is verlief op lake Tanganyika.
Gisteraand het ek en Bernie heel gesellig om ons local Mboila gesit en kos maak, toe ons musiek vanuit die donker hoor speel. Nuuskierig loop ons toe al met die voetpaadjie langs en kom op die Randomste Mzungu (witmense) beach party af. Dit was so vreemd om n klomp witmense op die strand te sien dans… en hulle gooi n behoorlike party… huge speakers, kerse & komberse. Ek en Bernie klim toe in en join die partykie J Ons beplan om more oggend vroeg Kigoma te verlaat. Ons gaan rondom Burundi ry en oor so 2 dae by Ngara in Rwanda in gaan. Maar dis n volgende storie…..
Dit gaan regtig goed met ons! Met Bernie naby eet ons Nooit sleg nie, want hy verander enige kos in n gourmet meal! Ons het nog geen ernstige kwale gehad nie, en ons dank Jesus elke dag vir ons gesondheid & dat ons hierdie Ongelooflike ondervinding kan he!
Ons verlang elke dag na julle!

Emmers vol Liefde*
Die Honeymooners*

1 comment:

  1. Julle klink vir my soos die GELUKKIGSTE TWEE BOS AAPIES OOIT EN JULLE LYK SOOS DIE TWEE MOOISTE BOS AAPIES OOIT! SJOE, DIS LEKKER OM AL JULLE STORIES TE LEES... KAN NIE GLO EK KOM NOU EERS OP DIE BLOG SITE NIE! EISH! SJOE, EK MIS JULLE BAIE EN JULLE AVONTURE WIL MY NET MAAK OOK IN 'N KAR SPRING (OF DALK OP MY FIETS) EN DIE WILLE AFRICA INVAAR!! dit gaan goed hier in SA. Jaar het met 'n 'bang' afgeskop by die werk, maar die winter is bietjie stiller (ook goed so). ek trap nog my bicycle (dat ek kan mooi boude kry! haha!), en het baie cool mense in Kaapstad ontmoet, wat nou omtrent 'n hele nuwe vriendekring vir my geword het!Tafelberg nog so mooi soos altyd, en Tokai,Kristenbosch en Newlands natuur reservate het vir my 'n nuwe speelplek geword! Pas jule self mooi op, geniet die avontuur! Julle leef in een van my drome!!! Lief vir julle SOOOO SUPER baie!!! Lougs**

    ReplyDelete